Beste Personeel,

Graag wil ons net vir julle uit ons harte baie dankie sê vir die pragtige eetkamerstel en stoele wat jul met sorg en liefde vir ons gemaak het…..

Mens kan aan die afrondingswerk sien dat julle ook ‘n groot liefde vir hierdie pragtige houtmeubels het – en dat jul inderdaad nog trots in jul werk het.

Baie dankie vir die professionele manier waarop die bestelling afgehandel is en dat ons in elke stappie wat uitgevoer is geken is.  Dankie ook vir die ekstra moeite wat jul gedoen het om te verseker dat die stoel materiaal na ons smaak was en dit verder ook behandel het  sodat vlekke ens. voorkom kan word.

Elke administatiewe reëling was met soveel sorg, opregtheid en vriendelikheid uitgevoer  – dit was voorwaar ‘n plesier om elke keer met julle te kommunikeer. Adele jy is ‘n staatmaker!

Ian en jou span – dankie ook vir die vervoer van die stel asook die aflaai en opslaan daarvan, die goeie raad t.o.v die versorging van die meubels en julle professionaliteit deur die hele proses. Julle kan voorwaar trots wees op jul handewerk.

Aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het met die maak van die stel – weereens ons opregte dank.  Moet sê dit is defnitief nou die lekker kuierplek in ons huis, goeie geselskap en ‘n lekker koffietjie in die hand. Selfs ons 3-jarige dogtertjie is mal oor die nuwe kuierplek en voel tog te trots dat sy “die mooi nuwe stoel self kon uittrek om by die lekker tafel te sit!”  Uit die mond van die suigeling sal mens die waarheid hoor….

Baie seën vir elkeen van julle by Saligna! Hoop om sommer gou-gou weer ‘n ietsie spesiaals by julle te bestel.

Groete,
Heyns, Annelie en Heydelie van der Merwe.

[Lodges] [Dinning Rooms] [Bedroom Suites] [Bunk Beds] [Dinning Rooms] [Lounge Suites] [Bars] [Kitchens]
[Bath Rooms] [Wall Units] [Accessories] [Export] [Contact Us] [Retailers]